top of page

Skaarser-As-Skaarste Oewerkonyn

Oewerkonyn.png

Skaarser-as-Skaarste Oewerkonyn uit die Karoo

Word-webs and word–images are precarious symbols of transition. We need the image to evoke emotion and language to bring the direct experience to consciousness.

The imponderable mystery of the marriage of image and word leads to the intermingling and colliding of mind, soul, and spirit….that is when we suddenly change…it is just a little jump to the left…and things will never be the same…

 

In Skaarser-as-Skaarste Oewerkonyn van die Karoo, vertel Dr Louisa Punt-Fouché die storie van die amper uitgestorwe Oewerkonyn en van ʼn ou vroutjie met  ʹn groot sagte hart, op ʼn plaas in die hart van die diep Karoo, in die skaduwee van die Swartberge. Die verweefde woordbeelde roer ons om te onthou om dit wat kosbaar is te bewaar. Sy het vir ongeveer dertig jaar gepraktiseer as kliniese sielkundige, klas gegee en navorsing gedoen  in die veld van Jungiaanse sielkunde. Verder is sy ʼn kunstenaar, skrywer en behoeder en bewaarder van diere.

Sy het die illustrasies gedoen. Die idee was om woord en beeld te laat saamsmelt, tot ˊn metaforiese en allegoriese teenwoordigheid, wat altyd die deur van die onbewuste oopmaak. Die kleure van rooi, grys, swart en wit is onbewustelik ingevleg. Soos sy gewerk het, het gedagtes van die bedreiging van die lewensaar (‘Life-force’) in rooi gebeur, wat die opponerende gedagtepatrone van swart en wit, uitgedaag het tot integrasie, al beteken dit eers net die versagting tot grys. En iewers in die agtergrond, is die teenwoordigheid van die Groot Moeder in die monotipiese teksture duidelik (gedoen deur lino-en monoprints). Die kuns-en –woord-prosesse was nie uitgedink nie, maar eerder ˊn spontane geboorteproses van woord-en-beeld as ˊn heilige kuns-poësie-taal, wat altyd die stem van ons diep geborge essensiële wesens, sal oproep.

 

die bome dans soos jong meisies

en hulle sing saam met die

winde in die berg die liedjies

van die oewerkonyn

pondhaas, vleihaas, doekvoet

pondhaas,vleihaas, doekvoet

die langoor-sagvoet-skaam diertjies

skugter-skaam in die diep Karoo

oewerkonyn

so min van ons leef nog

ons harte pyn

Skaarser-as-Skaarste Oewerkonyn. Publikasie en boekproduksie deur Christel Foord.  Gedruk en gebind deur, RSA Litho, Goodwood, 7460. 2017. ISBN 978-0-620-74079-1.  

 

 

Rabbit Louisa.jpg
bottom of page