Kantloper

kantloper325jan.JPG
Kantloper225jan.JPG
kantloperflappe.JPG

Kantloper

 

Die Kantoper-bundel en beelde is ﹸn sensitiewe versinnebeelding van geleefde ervarings van ’n kind, en later as voëlvrou en dan kantloper. Dit ontwikkel as ’n wandelende weg van die menslike soeke, oorlewing en ontplooiing ( individuasie) op die aarde met al sy uitdagings – die stryd van ’n kind om die die interaksionele patrone van die volwasse wêreld te verstaan, te kalibreer, te voel en te registreer – om van die kant af waar te neem, te probeer oorleef.

 

Die natuur en menslike patrone is spieëls van die oneindige paradoks, verweef tot een bestaan in die klein silwer venster van lewe. Die woorde vleg hortend en stotend deur die wêreld van ﹸn wese, wat lewe op die rand/kant van bestaan – knie sinesteties,  betekenisse deur die gebruik van neologismes, pouses en ritmes, wat die simbiotiese deeg van bestaan laat uitrys – tot ﹸn tintelende momentele aanvoeling van woorde wat die verlede insluk en dan groeiend muteer.

 

Die bundel eksploreer die ‘kant’ van dinge, ﹸn ander vlak van waarneming wat deur grense breek. Die grens/kant ontwikkel van ﹸn reguit lyn tot ’n gekantelde kronkellyn, ﹸn nuutontwikkelende domein deur die gelyktydige ervaring van musiek, kleure, geure en teksture. Die geboorte van die kreatiewe vlam, die ongebrydelde blootstelling aan hoe die vuur as illusie in die kollektiewe brand, die gelydelike mutasie van die mites en metafore, tot iets buite die sinne –  vind plaas as ’n sinestetiese uitbraaksel wat soos kougom strek van die grond na die blou lug en verder – die ervaring van die  kantloper rek, dans en tol saam met die uitbreiding en krimping van die heelal en flirteer met die ewigheid, die son en sterre  waaruit lewe spruit.

 

Die tema van Sneeuwitjie se spieël, afguns en nyd wat soos heksevure brand, speel met die drogbeelde van die self se begrip van die nou   – ’n kollektiewe kou waarbinne ons skel en skreeu en verwoes om die ek te laat oorleef in ’n wêreld van objektivering. Die bundel is ’n polifoniese komposisie van baie stemme wat gelyktydig soek na die toon, die tekstuur, die kleur en die geur wat soos ‘muses’ ons benoudheid vir oomblikke aanspreek met die ongeërgde barmhartigheid van die sfere.

 

Opsomming (In Boek)

 

Louisa se kunswerke en gedigte gebeur spontaan as uitvloeisels van woorde en beelde vervleg,

as deel van haar ervaring van die natuur en menslike interaksionele patrone. Dit word spieëls

van ’n eindelose paradoks, verweef tot een bestaan, in die klein silwer venster van lewe. Haar

woord-beelde is teksturele komposisies van aanraking en gevoel in meervoudige stemme.

 

Die wentelelende weg van die “kreatiewe vuur”, het haar meegesleur, waar haar lewe as ﹸn

Jungiaanse sielkundige (D.Phil), Joga instruktrise en bewaarder van al die verwaarloosde

aspekte van die natuur, kinders, vroue en diere – tot kunswerke in woord en beeld ontwikkel

het.